Rovic Leers
Cape Town +27(0)21 907-1700
Johannesburg +27(0)11 396-6200
Pietermaritzburg +27(0)33 346-2727

Jump Start 2014 (2014-03-26)


Dit het reeds ‘n instelling geword dat Rovic Leers Kaapstad jaarliks ‘n handelaars byeenkoms aanbied.  Ons probeer dit vroeg in die jaar doen om ons handelaars na die Desember vakansies op Rovic Leers en ons produkte te fokus.  Juis om hierdie rede dan die naam Jump Start.  Vanjaar is die geleentheid op Donderdag 13 Februarie by die NH Lord Charles hotel in Somerset Wes aangebied en van die 19 handelaars wat deur Kaapstad bedien word, het 16 handelaars verteenwoordiging gehad.  Rovic Leers Kaapstad is baie opgewonde hieroor en bedank elke persoon wat teenwoordig was.

Vanjaar is daar op ‘n reeks toerusting uit die Kuhn stal gefokus met die oog op die toevoeging daarvan tot die Rovic Leers reeks of die verbetering van ons markaandeel op die betrokke stuk toerusting.  Ons was bevoorreg om die Uitvoer Bestuurder van Kuhn, Dominique Nicolas en een van Kuhn Audureau se Produk Bestuurders, Gabrielle Thierry hier te hê.  Beide die here het verskeie aanbiedings gedoen.  Daar is gefokus op planters vir beide rygewasse as kleingraan asook Kuhn se uitgebreide reeks voermengers.

Tydens die gesellige aandete is ook vir die eerste keer troefees in vier afdelings toegeken.  Die beste prestasie as onderdele, werkwinkel, bemarker asook die handelaar van die jaar vir 2013 is aangewys.  Beoordeling is op ‘n reeks kriteria gedoen wat Rovic Leers Kaapstad as besigheidseenheid sterk asook ons dienslewering aan ons handelaars bevorder.  Die persoon, afdeling of besigheid wat bo aan die lys ge-eindig het, gemeet aan hierdie kriteria het ‘n trofee ontvang.  Die beplanning is dat die kriteria oor tyd uitgebou kan word tot ‘n omvattende prestasie evaluasie van ons handelaars, groot en klein.

Die geleentheid is met ‘n ontbyt op Vrydagoggend afgesluit.
Bermaker van die Jaar:

Hennie Barnard, SSK George

Handelaar van die Jaar:

Weskus Meganisasie

Werkswinkel van die Jaar:

SSK George

Onderdele van die Jaar:

SSK Heidelberg

Die Rovic Leers Span:

Van Links: John Rich, Johan Steyn, Joao Martins, Jaco Erasmus, Mickey Matthee, Philip Oosthuisen,
Dewald van Dyk, Alex Klaassen, Kosie Human, Hein Jonas, Lucas Viljoen.

 

 



Back